Hoe meer dae, hoe meer dinge…

Gistergoed…

July 3, 2008 · 2 Comments

“Ek mis die ou dae”, sê my blondekop-seuntjiekind gereeld. Vandag voel ek ook so. Eintlik is dit ‘n ding wat al ‘n rukkie kom, die oudae-mis-ery… Soldaat het eers begin vertel van sy kinderjare, daar was ‘n tag wat die rondte gedoen het waar mense fotos van hulle kinderjare moes plaas, en lovestories moes vertel etc. Al hierdie goed het my so bietjie (baie ver terug) laat dink…

Onthou jy die bure se swembad? Ons het hoeveel kere oor die muur geklim en die hele middag in die swembad spandeer… Oom Jan wou later maar ‘n hekkie in die muur inbou, dat ons nie die stupid betonmuur moes omtrek met die aanhoudende oorklim nie… Ek onthou saterdae oggende, toe die putt-puttbaan nog by die winkelsentrum was, hoeveel ure het ons daar spandeer. Ek onthou die snoekertoernooie in die sitkamer, skoolvakansies daar om gespeel, van dagbreek tot slaaptyd, elke dag ‘n nuwe toernooi… Onthou jy?

Onthou jy die slaptjips en mayo by Varsity bakkery? of chelsea-buns, en laatnag-kuiers in die Mynskag op die hoek… en pajama-flieks in Hatfield mall, en die kamp langs die Belfast-dam. My ou tjor se heater het ook maar lekker gesukkel om met die weer daar te cope :)!

Dis lank gelede se onthou, maar daar’s ook baie nader goed waarna my hart verlang…

Ek mis Die Spoegblok, ek mis die gesels, ek mis die mense daar, want soos jy meer as eenmaal gesê het : “Ons doen dit tog saam.” Iemand het nou die dag opgemerk dat die slegste deel daarvan is dat daar nie eers memories oorbly nie, want als is weg, sommer net so, dood, one shot! Ek kan nie verduidelik hoeveel kere ry ek in my kar, en dink skielik aan iets wat ek jou nog wou vra, iets waaroor ek graag jou opinie sou wou vra. Maar jy’s weg, dis verby, dis overs kadovers… Maar ek weet jy voel net so.

Hier’s vir jou nog ‘n paar memories, net ingeval jy vergeet:

Poison - Alice Cooper

Your cruel device
Your blood, like ice
One look could kill
My pain, your thrill

I want to love you but I better not touch (Don’t touch)
I want to hold you but my senses tell me to stop
I want to kiss you but I want it too much (Too much)
I want to taste you but your lips are venomous poison
You’re poison running through my veins
You’re poison, I don’t want to break these chains

Your mouth, so hot
Your web, I’m caught
Your skin, so wet
Black lace on sweat

I hear you calling and it’s needles and pins (And pins)
I want to hurt you just to hear you screaming my name
Don’t want to touch you but you’re under my skin (Deep in)
I want to kiss you but your lips are venomous poison
You’re poison running through my veins
You’re poison, I don’t wanna break these chains
Poison

One look could kill
My pain, your thrill
I want to love you but I better not touch (Don’t touch)
I want to hold you but my senses tell me to stop
I want to kiss you but I want it too much (Too much)
I want to taste you but your lips are venomous poison
You’re poison running through my veins
You’re poison, I don’t wanna break these chains
Poison

I want to love you but I better not touch (Don’t touch)
I want to hold you but my senses tell me to stop
I want to kiss you but I want it too much (Too much)
I want to taste you but your lips are venomous poison, yeah
I don’t want to break these chains
Poison, oh no
Runnin’ deep inside my veins,
Burnin’ deep inside my veins
It’s poison
I don’t wanna break these chains
Poison

Somer – Johannes Kerkorrel

hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou

branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond

ons kan gaan sit by die karosel
onder ?n sambreel al die skepe tel
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see ?

stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond

hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou

branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond

ons kan vir on sdalk ?n eiland koop
niemand sal weet ons het weggeloop
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see

stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond?

 

 

 

 

* Belowe ek sal later die foto’s bysit, die wat ek soek is alweer op ‘n ander pc…

→ 2 CommentsCategories: Uncategorized

This one’s for you…

June 13, 2008 · 5 Comments

This morning when the sun rose

I was thinking about you…

I am wondering where on earth you are

and what there you would do….

There are so many, many things I’d like to say to you

I wonder if you’d understand if I told you:

I miss you……

 

Unconditional

You are compassionate when I anger you

You are sincere when I lie to you

You share when I am selfish unto you

You heal me when I hurt you

You believe in me when I doubt you

You hold me when I release you

You protect me when I instil fear in you

You defend me when I attack you

You tolerate me when I am unfair to you

You complete me when I am crushing you

You bring joy to me when I sadden you

You love me when I need not love you.

Murchadh van Aardt

 

 

 

 

 

 

 

→ 5 CommentsCategories: Uncategorized

Sjoe! wat meer kan ek sê?

June 12, 2008 · 1 Comment

Ek het nie gedink dis moontlik nie, soos in regtig egtig nooit nie, maar ja, hoe sal my ma sê? Never say never! Max skryf toe iets waarmee ek actually saamstem. As ons nou net die boodskap by die regte eindbestemming kan kry…

http://www.news24.com/News24/Columnists/Max_du_Preez/0,,2-1630-2148_2334402,00.html

Ja sure, daar’s baie maniere om na hierdie storietjie te kyk, en almal gaan nie saamstem nie, soos duidelik is uit die comments op Max se stukkie. Hier is my point of view, net omdat:

Waar ek vandaan kom (die weste van Pretoria, die arm deel van die stad, vir die wat wonder) koop die meeste mense nie plasma tv’s en duur nuwe karre en al daai luxuries waarvan ou Tito ons heeltyd beskuldig nie. Ons gaan nie op oorsese vakansies op ons kredietkaarte en spandeer soveel moontlik so gou moontlik nie. Inteendeel, baie mense in ons omgewing (en ek is seker elders ook) koop deesdae kos en brandstof op krediet. Hoekom? Want daar is nie ‘n ander manier nie! 

Met die huidige rentekoerse, en al Tito se gawe verhogingkies, wat gebeur? Gestel ‘n persoon verdien R1000 per maand (OK, my syfers is kokkaai, maar dit maak die punt, Okay?). Hierdie persoon het nou net daardie R1000 om alles wat betaal moet word, mee te betaal. Dit sluit nou natuurlik die terugbetaling op daardie kredietkaart in. Nou ja. As ek nou al my geld moet betaal om die kaartjie se rekening op datum te hou, is daar niks oor vir kos nie. Maar as ek betaal, is daar weer krediet beskikbaar, en daarmee kan ek koskoop. Sien wat ek bedoel?

Verhoog nou die rentekoers. Al wat gebeur is dat ek meer betaal vir die kos wat laasmaand al opgeeet was, en dus minder het om hierdie maand van te lewe. Verstaan wat ek vir jou sê?

Weet jy hoeveel kinders sien ek daagliks skooltoe stap sonder skoene, en sonder genoeg warm klere? En weet jy hoeveel kinders kry 3 maal ‘n week by die skool toebroodjies, en amper geen ander maaltye die res van die week nie? Weet jy hoeveel mense raak werkloos omdat besighede net nie meer by al die uitgawes uitkom nie? Verstaan jy Tito? Ek twyfel… 

Hoeveel mense wil jy nog hê moet die laaste bietjie wat hulle besit verloor voor jy ophou?

→ 1 CommentCategories: Uncategorized

Ek’s terug… Of is ek?

June 12, 2008 · 1 Comment

Die eksamen is verby, vir nou in elk geval. Uitslae eers due die 7de Julie. Intussen hope en hope werksopdragte om te doen, so daar is (gelukkig?) nie juis tyd om te stress oor die uitslae nie. Vir almal wat duime gehou het, gebedjies gestuur het, en sommer net aan die arme studente gedink het, Baie Dankie!

Daar gebeur nie juis veel in my saai lewe nie (haha, so wat’s nuut in elk geval?) Geen aardskuddende verhale om te vertel nie. Sal dus maar settle vir ‘n update op die dinge wat aan die gang is.

Die rooikopkind skree elke dag my ore van my kop af as sy moet skooltoe gaan. Wag, laat ek voor begin… Verlede week was alles hunkey dorey, no problems. Dis nou in die oggend, in elk geval. Smiddae was ‘n ander storie… Maatjie gaan net na middagslapie huistoe, sien. Dan is ek alleen op ‘n vreemde plek, en dit is sommer NIKS lekker nie…

Toe gebeur ‘n ding wat kon gebly het! maatjie kom gladnie skooltoe vrydag nie! En daar begin my moeilikheid… Van saterdag af al word ek vertel ‘ek wil nie skool toe gaan nie, dis nie lekker daar nie’ ens ens.

Maandag en dinsdag was oorlog! mense wat nie die agtergrond weet nie, sou sekerlik dink ek vermoor die kind soos sy skree en skop oppad skooltoe! Gister en vandag was darem beter. Nee, nognie opgehou huil nie, maar skree darem nie meer die verf van die mure af nie. En beste van alles, more is VRYDAG! en dan LANGNAWEEK! net wanneer alles mooi settle. Tipies, ne. En asof dit nie genoeg is nie, sluit die skole volgende week.

Sussa gaan skooltoe in die vakansie terwyl boetie by die huis bly, want sien, ek kan nie vir haar en boetie alleen by die arme huishulp los heeldag nie. En ek twyfel sterk of maatjie skoolgaan in die vakansie. Maatjie het ‘n babasussie gekry, en mamma is nog met kraamverlof, sien. So, dit lyk my die einde van my moeilikheid is nog net ‘n gedagte…

Nou ja. Dis al wat nuus is. Heavy boring, ek weet. Veral nadat ek Gert se storie gelees het vanmore… Julle skryf almal sulke mooi stories…

 

→ 1 CommentCategories: Uncategorized

Bloumaandag…

June 2, 2008 · 3 Comments

Alweer maandag, nog ‘n dag, nog ‘n week, nog ‘n maand, en ja, die helfde van die jaar is so byna verby…

100 0198

My rooikopkind is vandag ‘grootskool’ toe. Nie laerskool nie, nee, maar ‘n regte egte groot kleuterskool. Ek was maar bietjie benoud, soos jy kan imagine, want na 3 jare by die ‘klein skool’ wat maar ‘n dagsorg-tipe setup was, moet sy nou na ‘n baie minder persoonlike setup. Maar nou ja, daar kom ‘n tyd vir al hierdie dinge ne.

Gelukkig het sy baie uitgesien na die nuwe skool, en sommer so met die intrapslag ‘n goeie maatjie raakgekuier. Geen trane! Ek is sommer baie verlig!

Buiten vir dit, is dit hierdie week die laaste rondte eksamens vir die semester, en Ja, ek moet swot in plaas van hier sit en blog, maar ek moes darem net dagsê, jy weet…

Kry ‘n baie hartseer en benoude e-pos van Renchia vanmore. Steve sluit sy blog. Hoe voel ek hieroor? Sad, op ‘n manier, ja, want die blog en die ouens daar het ‘familie’ geraak. Maar ja, ek verstaan die redes hoekom hy dit doen ook. Het self al vele male gewonder hoekom hy dit nognie gedoen het nie, om eerlik te wees. So, Steve, as jy dalkies my bloggie onder ‘n skuilnaam lees (I wish!), ek verstaan, meneer. Sien uit daarna dat jy eendag weer kanssien en daar kom dagsê. Soos jy sê, ons is ons, ongeag die media. Weet net een ding, ons gaan jou mis! (Jy forseer ons nou mos om dinge te doen wat teen ons beginsels is, soos om Huisgenoot te koop om van jou te hoor!)

100 0204

Verder, ja wel, soos DM sê, het ek geen aardskuddende nuus nie, asof ek ooit enige aardskuddende nuus het (I wish, again!). Tot later, over and out, ek moet seker eendag begin swot…

Mooi bly!

→ 3 CommentsCategories: Uncategorized

Truth is in the eye of the writer, I suppose….

May 19, 2008 · 1 Comment

Daar’s baie maniere om na dieselfde ding te kyk, of hoe? Die verskil kom seker in by die angle, of aan watter kant van die draad jy staan, as ek dit reg verstaan…

Een voorbeeld:

 

My ouma, dierbaarste mens wat ek ken, vertel nou die aand vir ons, my niggie en haar man wil met alle geweld immigreer, blykbaar New Zeeland toe. Ouma kan dit gladnie verstaan nie. En ek bedoel soos in GLADNIE. Want hoekom sal ‘n mens nou die mooi nuwe huis wat jy verlede jaar gekoop het, en die besigheid wat eintlik baie goed doen, en die familie, en als ander hier wil los, en in ‘n vreemde land van voor af wil begin?

 

Verduidelik niggie vir haar: hier in Sodom waar ons bly, wag ‘n mens al so te sê jou beurt af om aangeval, aangerand, verkrag of vermoor te word. Dis lank nie meer ‘n kwessie van ‘gaan dit met my gebeur?’ nie, maar veel eerder van ‘wanneer gaan dit gebeur?’. Maar ja, ouma sien nie die sakie so nie…

 

Aan die ander kant vertel ouma ons die volgende stukkie. Sedert sy op die nuus gehoor het van twee oumense wat wreed vermoor is in hulle huis op ‘n plaas, maak sy nie ‘n oog toe in die nag nie, dood bang.

 

Sien, uit haar perspektief kan sy nie verstaan hoekom ‘n mens als wat jy voor gewerk het, wil los en gaan oor begin nie. Seker omdat sy self toe sy ons ouderdom was, maar bittermin gehad het, en baie swaar gekry het. Hoekom sal ‘n mens alles los om erens anders met niks te gaan begin?

Maar, sy sien ook dat mense soos sy, wat oud is, en hulleself nie kan beskerm nie, aangeval en vermoor word. En dit maak haar bang, want dit vat aan haar vel…

 

Kom ons probeer ‘n ander voorbeeld:

 

Jy date ‘n getroude man. Ongeag wie of wat die man is, bly hy ‘n getroude man. As hy sommer net ‘n onbekende, gewone mens is, wat is jy? En as die man ‘n bekende is? Feit bly staan, jy is maar net ‘n speelding, of die een wat met jou speel ryk of arm, bekend of onbekend of wat ookal is, jy bly maar net ‘n speelding. Maak nie uit my hoek uit regtig verskil wat die omstandighede is nie. Die verskil kom maar net in by hoe jy daarna kyk. Op die ou einde van die dag bly die kans dat hy sy gesin vir jou gaan los ewe weglaatbaar klein, kyk daarna net soos jy wil.

 

Mmmm… OK, daai storietjie kan meer as daardie twee angles ook hê, ne…

Sommige mense sal jou veroordeel, en jou die ‘baddie’ in die storie maak. Ander sal jou kant vat, en van die man ‘n misdadiger maak.  Alles hang af van hoe jy na die storie kyk.

Iemand het eendag in die een of ander movie gesê: “If a man cheats, it is just one of those things men do, but if a woman does, it immediately makes her evil”. Wat dink jy? 

→ 1 CommentCategories: Uncategorized

Tyd om die boeke oop te maak…

May 16, 2008 · 1 Comment

 

Daar kom ‘n tyd wanneer ‘n mens nie meer langer kan uitstel nie. Daardie tyd noem ons “eksamentyd”. Of jy daarvan hou of nie (en persoonlik val ek in die tweede kategorie hier!) jy moet dit maar hanteer. Daardie tyd het nou aangebreek… Unisa is gereed om ons te pynig vir die sondes van ons voorvadere, of iets dergeliks.

Aan almal wat eksamens in die gesig staar: Baie Sterkte, Voorspoed, en al daardie dinge. En beslis nie minder belangrik nie, Aan almal wat studente deur hierdie ongemaklike tyd bystaan, Baie dankie by voorbaad vir julle geduld, liefde, motivering, koppies koffie, en belangrikste van alles, julle verstaan. Sonder julle, sou ons maar bra moeilik die mas opkom!

Groete,

→ 1 CommentCategories: Uncategorized

Way to go, Judge!

May 16, 2008 · No Comments

→ No CommentsCategories: Uncategorized

Oor diets en dinge…

May 8, 2008 · 3 Comments

ITALIAN PASTA DIET — IT REALLY WORKS!!

1. You walka pasta da bakery.
2. You walka pasta da candy store.

3. You walka pasta da Ice Cream shop.

4. You walka pasta da table and fridge.

You willa losea da weight!

 

 

How to correctly weigh yourself….

 

 I can’t believe I was doing it wrong all these years.
We must
get the word out.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

→ 3 CommentsCategories: Uncategorized

Laaaaang naweek!

April 25, 2008 · 3 Comments

As jy ry, ry veilig. As jy bly, geniet die ruskans! en as jy gelukkig genoeg is om volgende week heelweek naweek te hê, geniet dit! Soos die Primaria by die koshuis altyd gesê het: Moet niks doen wat jy nie op ‘n fiets kan doen nie!

Ons gesels weer Dinsdag!

 

→ 3 CommentsCategories: Uncategorized